Koekais Guest Farm / Gasteplaas

Griekwastad, Northern Cape

 

Guestbook

28 entries on 3 pages
Magdalena O
11/10/17 12:36:34
Besonders, rustig en pragtig!
Dit wat op die Internet geadverteer word, is presies wat ons ontvang het. Dit is 'n pragtige, deftige en stil plekkie in die veld. Ons gunstelingverblyf - die natuur, lapa, dak, marmer, alles baie natuurlik. Ons sal weer 'n besoek aflê. Dit was kort, maar baie bevredigend.
Betsie M
18/09/17 11:59:18
Ongelooflik lekker.
Ek en my 2 Scotties het ongelooflik lekker gebly! Koekais is 'n grasdakkliphuis in die bos wat baie stylvol, netjies, luuks en ten volle toegerus is. Die huisie en die natuurlewe het my laat voel ek is op vakansie, terwyl ek heel week daar was vir werk. Ek beveel dié plekkie definitief aan vir enige iemand in die omgewing wat 'n wegbreek soek, huweliksherdenking wil vier of as jy deur die Griekwastad wêreld reis vir werk of vakansie!
Mark and Kino Mac Donald
21/08/17 15:38:34
A piece of heaven. Will certainly be back. Private, luxurious accomodation in the bush. Genuine hospitality from the hosts Deon and Sonja. Nature lovers and birders will be treated to some gems. The freedom to roam the farm made the stay special.
Robert J
18/05/17 12:12:54
Netheid en smaakvolle afwerking is van hoogstaande gehalte.
Hierdie "oase" is werklik een om te ervaar. Die vriendelikheid van die gasvrou en die algehele beeld is iets om op trots te wees.
Leon S
04/05/17 13:51:50
Sal Koekais vir enigeen aanbeveel wat verblyf in die area benodig. Top-gehalteverblyf en sal moeilik wees om iewers beter waarde vir geld te kry. Sou 6 sterre gegee het indien dit 'n opsie was.
Manda B
03/05/17 15:40:44
Absoluut fantasties, alles is so perfek. Wens ons kon langer bly, gaan verseker weer besoek aflê.
Daan V
28/03/17 14:59:34
Indrukwekkend - die omgewing, die fasiliteit en die mense verseker dat ons weer van Koekais sal gebruik maak. Ons het baie lekker gebly en gekuier - kan hierdie ervaring beslis aanbeveel.
Jarries V
24/03/17 16:11:07
Besonderse Kalahari verblyf op pad na Keimoes.
Baie luukse verblyf waar ons ten volle kon herstel na 'n lang dag op die pad. Ons gasvrou was baie vriendelik en hulpvaardig en ons sal verseker weer daar oorbly as ons die Noord-Kaap in die toekoms sou besoek.
Pieter S
19/12/16 10:41:24
Dis 'n ware juweel in die Kalahari en rustiger sal jy nêrens kry nie. Die huis en braaiplek is werklik goed toegerus en ons sal volgende keer langer as net 1 nag bly.
Die rustigheid van die Kalahari en die pragtige sterrehemel met die mooi privaat huis wat nog 'n lugverkoeler ook het maak dit 'n baie aangename bestemming. Die grondpad van Griekwastad was ook baie goed en het gehelp om mens die gevoel van die Kalahari te gee. Baie dankie vir die lekker bly.
Velka L
28/11/16 11:51:04
Absoluut onoortreflik!
Geriewe en fasiliteite van die beste gehalte.
Show: 5  10   20