Koekais Guest Farm / Gasteplaas

Griekwastad, Northern Cape

 

Guestbook

31 entries on 4 pages
Sable37
05/11/18 18:01:34
We took a slight detour on our long road trip and were so pleased that we found the perfect spot to rest and refresh. The house is large, extremely well equipped and spotlessly clean and the bed extremely comfortable. We felt like we were the only people in the world and the only sound came from the many birds in the trees surrounding the house. There is a massive boma for a braai and we made use of the firewood supplied by Sonja. Highly recommended.
Helena DP
29/05/18 11:50:53
Fantastic place. Very clean and upmarket. Dinner had a variety of veggies and was delicious. Will recommend it and will be back. Value for money.
Ryza S
23/03/18 17:55:52
Baie netjiese, luukse en ruim verblyf in die bos.
Die ideale wegbreek verblyf in die bos. Ons moes eintlik meer as net een aand oorgebly het om dit werklik te kon waardeer en te geniet. Sal dit beslis aanbeveel vir diegene wat die stilte van die veld en sterrekyk van die aand soek en waardeer. Het die mooiste brandhout!
Magdalena O
11/10/17 12:36:34
Besonders, rustig en pragtig!
Dit wat op die Internet geadverteer word, is presies wat ons ontvang het. Dit is 'n pragtige, deftige en stil plekkie in die veld. Ons gunstelingverblyf - die natuur, lapa, dak, marmer, alles baie natuurlik. Ons sal weer 'n besoek aflê. Dit was kort, maar baie bevredigend.
Betsie M
18/09/17 11:59:18
Ongelooflik lekker.
Ek en my 2 Scotties het ongelooflik lekker gebly! Koekais is 'n grasdakkliphuis in die bos wat baie stylvol, netjies, luuks en ten volle toegerus is. Die huisie en die natuurlewe het my laat voel ek is op vakansie, terwyl ek heel week daar was vir werk. Ek beveel dié plekkie definitief aan vir enige iemand in die omgewing wat 'n wegbreek soek, huweliksherdenking wil vier of as jy deur die Griekwastad wêreld reis vir werk of vakansie!
Mark and Kino Mac Donald
21/08/17 15:38:34
A piece of heaven. Will certainly be back. Private, luxurious accomodation in the bush. Genuine hospitality from the hosts Deon and Sonja. Nature lovers and birders will be treated to some gems. The freedom to roam the farm made the stay special.
Robert J
18/05/17 12:12:54
Netheid en smaakvolle afwerking is van hoogstaande gehalte.
Hierdie "oase" is werklik een om te ervaar. Die vriendelikheid van die gasvrou en die algehele beeld is iets om op trots te wees.
Leon S
04/05/17 13:51:50
Sal Koekais vir enigeen aanbeveel wat verblyf in die area benodig. Top-gehalteverblyf en sal moeilik wees om iewers beter waarde vir geld te kry. Sou 6 sterre gegee het indien dit 'n opsie was.
Manda B
03/05/17 15:40:44
Absoluut fantasties, alles is so perfek. Wens ons kon langer bly, gaan verseker weer besoek aflê.
Daan V
28/03/17 14:59:34
Indrukwekkend - die omgewing, die fasiliteit en die mense verseker dat ons weer van Koekais sal gebruik maak. Ons het baie lekker gebly en gekuier - kan hierdie ervaring beslis aanbeveel.
Show: 5  10   20